BRITS-ENGELBRECHT
Hierdie blog het ten
doel om inligting, dokumente, fotos en geskiedenis van die families te
versamel.
Aan die eenkant begin die versameling by die
BRITS-ENGELBERCHT familie en hul nageslag
Aan die ander kant by die Du Preez-Badenhorst en hulle
nageslag.
Die volgende Families sal in hierdie blog gedokumenteer
word:Badenhorst,
ENGELBRECHT- BRITS ET AL
Cornelis Petrus Engelbrecht was getroud met Johanna Aletta
Botha. Hulle het sover vasgestel kan word voor die Boereoorlog drie kinders
gehad. Twee dogters en ‘n seun. Die seun het tydens die oorlog in ‘n konsentrasie
kamp gesterf (sien aangehegte dokument)
In die konsentrasie kamp te Heildelberg was Johanna Aletta Engelbrecht
onder haar man se naam genoteer. Ook die name van haar drie kinders.
Soos wat Ouma (Maria Elizabeth Brits, nee Engelbrecht) my
meegedeel het sterf haar broer in die konsetrasiekamp te Heildelberg TVL. Die
kamp dokumente hier onder.
AFSKRIF VAN MARIA
ELIZABETH BRITS (nee ENGELBRECHT) SE DOOPSERTIFIKAAT
Na die oorlog is daar nog ander seuns en dogters uit die
huwelik van Cornelis en Aletta Engebrecht gebore oa Cornelis “Kerneels” Johannes “Hansie” en Charles, ouma se broers.
BRITS
Maria Elizabeth Engelbrecht (My ouma) sou later met Jacobus Johannes Brits
(My Oupa) in die huwelik tree.
OUMA OP ‘N LATERE
OUDERDOM (Toe reeds ‘n weduwee)
Edenvale Begrafplaas
Let op die verskil van geboorte datum op ouma se doopsertifikaat en die op haar grafsteen.
Uit hierdie huwelik van Jacobus Johannes Brits (My Oupa) en Maria
Elizabeth Brits (nee Engelbrecht ) is later ‘n aantal kinders gebore.
Johanna Aletta “Ous” Putter (nee Brits) - Gebore 25 Augustus1918
Jacobus Brits – Wat jonk gesterf nadat ‘n os hom by die
kraal met die horing noodlottig beseer het.
Cornelius Hendrik Petrus “Neels” Brits - Gebore 23 Oktober 1926
Gertruida Nelson (nee Brits) - Gebore 4 Mei 1924
Mara Mills (nee Brits)
Jacobus “Kosie” Brits
Johanna Wilhelmina Christina “Chrissie” Badenhorst (nee
Brits) Tans (Februarie 2017) nog die engiste oorlewende van die gesin. Gebore - 9 November 1934
“Ous”Putter, Kosie Brits en Rina Brits sy vrou, Mara
Mills, Trui Nelson, Chrissie Badenhorst