Wednesday 1 January 2020

Brits-Engelbrecht-Badenhorst-Nelson


BRITS-ENGELBRECHT


Hierdie  blog het ten doel om inligting, dokumente, fotos en geskiedenis van die families te versamel.
Aan die eenkant begin die versameling by die BRITS-ENGELBERCHT familie en hul nageslag

Aan die ander kant by die Du Preez-Badenhorst en hulle nageslag.
Die volgende Families sal in hierdie blog gedokumenteer word:

 Engelbrecht- Brits
 Putter, Nelson, Mills, Engelbrecht, Bezuidenhout, et al

Badenhorst, 

ENGELBRECHT- BRITS ET AL

Cornelis Petrus Engelbrecht was getroud met Johanna Aletta Botha. Hulle het sover vasgestel kan word voor die Boereoorlog drie kinders gehad. Twee dogters en ‘n seun. Die seun het tydens die oorlog in ‘n konsentrasie kamp gesterf (sien aangehegte dokument)

In die konsentrasie kamp te Heildelberg was Johanna Aletta Engelbrecht onder haar man se naam genoteer. Ook die name van haar drie kinders.
 
 
Soos wat Ouma (Maria Elizabeth Brits, nee Engelbrecht) my meegedeel het sterf haar broer in die konsetrasiekamp te Heildelberg TVL. Die kamp dokumente hier onder.
 
 

AFSKRIF VAN MARIA ELIZABETH BRITS (nee ENGELBRECHT) SE DOOPSERTIFIKAAT
 

Na die oorlog is daar nog ander seuns en dogters uit die huwelik van Cornelis en Aletta Engebrecht gebore oa Cornelis “Kerneels”  Johannes “Hansie” en Charles, ouma se broers.


 BRITS

Maria Elizabeth Engelbrecht (My ouma) sou later met Jacobus Johannes Brits (My Oupa) in die huwelik  tree.

 

OUMA OP ‘N LATERE OUDERDOM (Toe reeds ‘n weduwee)

 
 
Edenvale Begrafplaas
 
 
Let op die verskil van geboorte datum op ouma se doopsertifikaat en die op haar grafsteen.
 

Uit hierdie huwelik van Jacobus  Johannes Brits (My Oupa) en Maria Elizabeth Brits (nee Engelbrecht ) is later ‘n aantal kinders gebore.
Johanna Aletta “Ous” Putter (nee Brits) - Gebore 25 Augustus1918

Jacobus Brits – Wat jonk gesterf nadat ‘n os hom by die kraal met die horing noodlottig beseer het.
Cornelius Hendrik Petrus “Neels” Brits  - Gebore 23 Oktober 1926

Gertruida Nelson (nee Brits) - Gebore 4 Mei 1924
Mara Mills (nee Brits)

Jacobus  “Kosie” Brits
Johanna Wilhelmina Christina “Chrissie” Badenhorst (nee Brits) Tans (Februarie 2017) nog die engiste oorlewende van die gesin.  Gebore - 9 November 1934

 
 

“Ous”Putter,  Kosie Brits en Rina Brits sy vrou, Mara Mills, Trui Nelson, Chrissie Badenhorst