Wednesday, 10 May 2017

DUPREEZ – BADENHORST ET AL


DUPREEZ – BADENHORST ET AL

Hier volg die geslagte aan my pa Lourens Petrus Badenhorst se kant.

DUPREEZ
 
My groot oupa HJ duPreez  was op 29 Oktober 1884 gebore en sterf op 20 Desember 1974.
 
Detail rakende sy vrou en ander sal verkry en later bygevoeg word.
 

Bestuurslisensie van HJ du Preez, die 10de lisensie wat deur die gesondheids komitee, van  die dorp Trichardt, in vandag se Mpumalanga uitgereik was.
Sy dogter Maria Catharina Badenhorst (nee du Preez) trou met Lourens Petrus Frederick  Badenhorst (my oupa) , seun van Lourens Petrus Badenhorst (my groot oupa). Uit die huwelik is my pa gebore.
 
BADENHORST LOURENS PETRUS
MY GROOT OUPA LOURENS PETRUS BADENHORST EN SY VROU
Hulle was die ouers van my oupa (Lourens Petrus Frederick Badenhorst) wat met Maria Catharina Badenhorst (nee du Preez) my oume getrou het
 
BADENHORST LOURENS PETRUS FREDERICK BADENHORST 
 
L PF Badenhorst (my oupa) en C M Badenhorst (my ouma)
Lourens Petrus Frederick Badenhorst  tree in die huwelik met die dogter van HJ du Preez  (Maria Catharina) en uit die huwelik word ‘n aantal kinders gebore.
Sarie Smit (nee Badenhorst)
Lourens Petrus Badenhort (my pa)
Henderik Badenhorst
Maria Zietsman (nee Badenhorst)
Rina Baasden (nee Badenhorst)
Izak Badenhorst

Die jong Badenhorst kinders
 

Die jong Badenhorst kinders
 
Izak & “Kleintjie” Badenhorst, Rina&Hans Baasden, Catharina (ouma), Hendrik en Aida Badenhorst, (Sommige van my ooms en tannies) Chrissie Badenhorst (my ma)
Rina, Izak en my ma (Chrissie) is tans (Februarie 2017) die enigste oorlewendes vanuit die Badenhorst gesin.
 

 

No comments:

Post a Comment